Henriette Barnard
SO VOL SOOS WAT EK LEEG IS
Ef 1:17-21 Dan vra ek vir die God van ons Here Jesus Christus, vir die Vader wat Koning is, jy moet vir julle wysheid gee en Hy moet vir julle wys hoe julle Hom kan ken. Ek bid dat God julle sal help om regtig te weet wat julle sal kry omdat Hy julle gekies het om aan Hom te behoort. Julle sal al die dinge kry wat Hy, die Koning, sal gee vir die mense wat aan Hom behoort. Ek bid ook dat julle sal weet dat God se krag baie sterk is, en dat Hy sy krag in ons lewens gebruik, in ons wat glo. Dit is dieselfde sterk krag wat God gebruik het toe Hy vir Christus weer laat lewe het en Hom laat sit het op die belangrikste plek by Hom in die hemel. Christus is belangriker as almal en alles wat oor die wêreld wil regeer, belangriker as enige iets waaraan ‘n mens kan dink, nou of in die tyd wat kom.
Ef 3:16-19 Ek bid en vra vir God, ons Koning, dat Hy die Heilige Gees moet gebruik en dat Hy julle moet help sodat die geloof in julle harte sterker word. Ek bid dat julle sal glo in Christus, dat Hy in julle harte sal woon en dat julle lewens heeltemal vol liefde sal wees. Dan sal julle weet hoe groot Christus se liefde vir julle is, hoe wyd, hoe lank, hoe hoog en hoe diep dit is. Julle sal dit weet saam met die ander mense wat aan God behoort. Julle kan seker wees dat Christus lief is vir julle, baie meer as wat julle besef. Dan sal julle presies wees soos God wil hê julle moet wees.
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
Heb 6:18-20 Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg
dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom
geneem het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop … Hierdie
hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker … vas is.
3. Kyk: Kyk na die video deur Henriette Barnard
4. Gesels oor Die Krag van ons geloof en die volgende standpunte:
1) Die geloof waarvan die Bybel praat is die sterkste krag in die heelal.
2) Elke mens is gebore met die potensiaal om te glo.
3) Die krag van my geloof is net so sterk soos die een in wie ek dit stel.
4) Die vyand is bewus van die krag van geloof – Daarom sal hy altyd twyfel saai.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Hierdie week: Lees die bogenoemde gebed elke dag en vra die Heilige Gees om jou elke dag te help om:
● Jou geloof in God te versterk sodat jy jou lewe kan leef met ‘n vaste vertroue in God.
● Opnuut te verstaan hoe God betrokke is in jou lewe.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church