Week 3: 20-26 Junie 2021 – John Jerome -ENTHEOS-IN GOD

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/


Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
● God ons Vader is altyd toeganklik.
Hebreërs 4:16 “…Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.”
● God ons Vader se liefde is genoeg vir ons.
Romeine 8:38-39 “…Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
● God ons Vader ken ons.
Psalm 139:1-2 “…Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.”
● God ons Vader laat toe dat ons ons eie besluite maak.
Romeine 8:28 “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”
3. Kyk na die video deur John Jerome
4. Gesels oor die vier standpunte waaroor John gepraat het.


Worship – Aanbiddinghttps://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.


Werke en vrae
Hierdie week: Dink oor God se liefde vir jou. Hy is in jou. Sy bloed vloei binne-in jou.
Sy Gees is in jou.