Week 3: 21 Junie -27 Junie

Week 3: 21 Junie -27 Junie

Vernuwe en Wees Fisies Gesond 

“Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.”         Rick Warren

Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore

Daar is ‘n Gesegde wat sê: “’n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees”. Wanneer my liggaam gesond is, voel my geestestoestand ook gesond. Wanneer my liggaam vernuwe vir die goeie, voel ek goed oor myself, maar my verhouding met God is ook in ‘n beter spasie. Vandag wil ons verder gesels oor  hoe ek kan vernuwe en hoe ek fisies gesond kan WEES. 

Psalm 46:11 –Wees stil en weet Ek is God”.

Romans 12:2 –“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.

Gebed:

Open met gebed. 

Lees:

1 Kor 6:19-20 (Boodskap)  “Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is? Die Gees bly mos in julle; God self het die Gees vir julle gegee.

Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie. Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam – daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra.”

Gesels:

Ons lees in 3 Joh 1:2: “Ek weet dat dit sommer uitstekend met jou geestelike lewe gaan. Ek hoop dat dit ook van al die ander dinge in jou lewe waar sal wees, veral ook wat jou gesondheid betref. Ek bid daarvoor.” Mag dit waar wees van elke aspek van ons lewens. Baie jare gelede was daar ‘n siening dat ons liggame en ons gees nie verbind is aanmekaar nie en dat dit nie saak maak hoe ons ons liggame hanteer nie, want dit gaan op die einde net oor ons gees. Dit kan nie waar wees dat ons in kompartemente kan leef nie. God het ons liggaam, siel en gees geskape. Ons moet met al drie geballanseerd lewe.  Bestudeer en gesels oor die volgende tekse:

  1. Psalm 139:13-14    -Kyk hoe wonderlik het God jou liggaam gevorm
  2. 1 Kor 6:14        -Nooi God in jou liggaamsvernuwing program in
  3. 1 Kor 6:19        -Ons liggame is God se tempel, hoe moet Sy tempel lyk?
  4. 1 Kor 3:16        -God se Gees leef in ons

Vra:

  1. Waarom is dit vir ons moeilik om na ons fisiese gesondheid te kyk?
  2. Wat kan jy prakties hierdie week al begin doen om jou liggaam te vernuwe? 

Gebed:

Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke