Week 3: 23-29 Mei 2021
Gerhard Dalton
‘N KRAG WAT TRANSFORMEER
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Handeling 2:1-4 Die uitstorting van die Heilige Gees
“Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.”
3. Kyk: Kyk na die video deur Gerhard Dalton
4. Gesels:
1) Wat beteken Pinkster vir jou?
2) Hoe ervaar jy die Heilige Gees?
3) Brei uit: Die Heilige Gees stel my in staat om …?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae vir die week
Vra die Heilige Gees om jou in hierdie week te lei in alles wat jy aanpak. Vra Hom om jou te begelei en te wys met wie jy oor Christus moet gesels.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church