Week 4: 27 Sept – 3 Okt 2020

Wêreld in Sy Hande – My Hand in Sy Hand 

 Renaldo Barnard

God hou nogsteeds die wêreld in Sy hande. Nie net hou Hy die hele aarde in Sy hande nie, Hy hou ons ook in Sy hande. God hou my hand styf vas in Sy hand.

“Earthly wisdom is doing what comes naturally. Godly wisdom is doing what the Holy Spirit compels us to do.” – Charles Stanley

“When you realize God’s purpose for your life isn’t just about you. He will use you in a mighty way.” – Dr Tony Evans

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees:

  • Jes 41:13 Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
  • Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God.
  • Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,en julle sal my getuies wees …

Kyk: Kyk nou as CONNECT Groep na hierdie week se video. 

Gesels: God los ons nooit alleen nie. Hy hou selfs ons hand in Sy hand en Hy lei ons op ons weg. Hoe lei God ons? Hy lei ons deur Sy Heilige Gees.

Gesels bietjie oor die volgende vrae:

  • Hoekom is hande vashou so belangrik vir paartjies wat verlief is?
  • God lei my deur Sy Heilige Gees. Hoe kan ek die Heilige Gees se leiding in my lewe ervaar?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Werke en vrae

  • Waarheen ervaar julle as groep lei die Heilige Gees julle?
  • Wat is dit wat julle groep moet doen in hierdie deurmekaar wêreld wat net julle kan doen?
  • Bid en vra die Heilige Gees om julle by die hand te neem en julle te lei.