Vernuwe en Wees Emosioneel Gesond
“Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.” Rick Warren
Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore
Ons dien nie ‘n God wat emosieloos is nie. God huil en lag saam met ons. God word kwaad maar weier dat Sy kwaad in sonde verander. Ons almal ken die gesegde: “Gewonde mense, wond ander!” Wanneer ons nie ons emosies reg bestuur nie word ons bestuur deur ons emosies. Vandag wil ons verder gesels oor hoe ons kan vernuwe en hoe ons emosioneel gesond kan WEES.
Psalm 46:11 –“Wees stil en weet Ek is God”.
Romans 12:2 –“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.
Gebed:
Open met gebed.
Lees:
JESAJA 61:1 (LUKAS 10:18) “Die Gees van die HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis
Gesels:
Dit is baie belangrik om te verstaan waarom God ons emosies gegee het. Ons emosies leer ons wie ons regtig is en kan ons lei tot ‘n nouer verhouding met God. Dit is jou eie besluit of jy deur jou emosies gelei wil word en of jy daaruit wil leer. Die manier waarop ons ons emosies uitbeeld, moet met gebed en begrip toegespits word. Ons moet op die leiding van die Heilige Gees vertrou om ons eie emosies te kan verstaan. Ons moet kan fasiliteer wat met ons emosies gebeur as ons in ‘n emosioneel gelaaide situasie verkeer en dan moet die volgende drie aspekte oorweeg word:
Gesels oor die drie aspekte waarop gefokus moet word:
- VERSTAAN – Waar hierdie emosies vandaan kom
- IDENTIFISEER – Hulle spesifieke oorspronge
- VERANDER – Die effek in jou lewe
Vra:
- Waarom is dit vir ons moeilik om ons emosies te bestuur?
- Wat kan ons prakties hierdie week doen om ons emosies te vernuwe?
- Met wie moet jy hierdie week gesels oor ‘n verkeerde emosionele optrede?
Gebed:
Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke