Week 6: 12-18 Julie 2020

Week 6: 12-18 Julie 2020

Vernuwe en Wees Gesond in jou Finansies  

 “Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.”         Rick Warren

Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore

God se droom is dat ons soos Hy sal word. Hy is vrygewig en Hy wil baie graag hê dat ons ook vrygewig sal wees. God se vrygewigheid kom vanaf Sy liefde vir ons. In Joh 3:16 lees ons van hierdie vrygewige hart: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy eniggebore seun gegee het.” Alles wat ons het is as gevolg van Sy vrygewige liefde.  God vra dat ons ook ‘n gedeelte sal terug gee. Hy seën ons sodat ons andere kan seën. Vrygewigheid breek die houvas van gierigheid en materialisme op ons lewens. ‘n Liefdevolle hart is ‘n hart wat gee, net soos God ook gee. Vandag wil ons verder gesels oor  hoe ons kan vernuwe en hoe ons gesond in ons finansies kan WEES. 

Psalm 46:11 –Wees stil en weet Ek is God”.

Romans 12:2 –“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.

Gebed:

Open met gebed. 

Lees:

Matt. 6:25-33:“Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!”

Spr. 3:9-10: “Gee aan die Here ook ’n goeie deel van jou geld. Dan sal jy meer as genoeg hê om van te leef. Jou lewe sal vol vreugde wees”

Gesels:

Gesels en praat oor die sewe gewoontes vir Finansiële Gesondhied:

  1. Ek moet op God vertrou as my bron en voorsiener -Rom. 11:36; Deut. 8:18
  2. Ek moet die eerste tien persent vir God terug gee -Deut. 14:23; Spr. 3:9-10
  3. Kyk gereeld na jou finansies         -Spr. 27:23-24
  4. Ek moet spaar en belê vir die toekoms     -Spr. 21:20; Spr. 13:11; Spr. 24:27
  5. Kry ‘n plan om jou skuld af te betaal     -Spr. 3:27; Spr. 13:8
  6. Ek moet my uitgawes reg bestuur     -Spr. 21:5; Spr 21:20
  7. Ek moet leer om te geniet wat ek het     -Pre. 6:9; Heb. 13:5

Vra:

  1. Wanneer dit kom by geld: Is jy ‘n spandeerder of is jy ‘n persoon wat spaar, en hoekom?
  2. Aan watter een van die sewe gewoontes kan jy al in hierdie week begin werk en hoekom?

 

Gebed: Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke