Week 7: 1-7 Nov 2020

Week 7: 1-7 November 2020
Nou weet ek – Ronnie Barnard

Ons moet dit weet, God het ons eerste liefgehad.

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: God vir ons, wie sal teen ons wees? – Romeine 8:31-39 WAT sal ons
dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy
eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie
saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Wie sal beskuldiging inbring
teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat
veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat
ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. Wie sal ons skei van die
liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of
naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele
dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as
oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen
dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God
wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
3. Gesels oor die volgende:
● Hoe kan ons sekerheid oor God se liefde vir ons kry?
● Hoe lyk God se liefde in tye van verdrukking, benoudheid en vervolging?
● Wat is die teken dat God vir ons is en nie teen ons is nie?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of maak jou eie YouTube playlist.
Werke en vrae
● Kan jy hierdie week ekstra tyd inruim om met God te gesels oor Sy liefde vir
jou?
● Is daar enige behoeftiges in die groep? Hoe kan elkeen in liefde uitreik en
voorsien in die behoeftes van elke groepslid?