Week 7
19-25 Julie 2020
Vernuwe en Wees Gesond in jou Beroep
“Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.” Rick Warren
Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore
Voor ek die vraag: “Hoekom moet ek werk?” kan beantwoord moet ek eers die vraag: “Vir wie werk ek?” beantwoord. God se definisie oor sukses is so verskillend van ons definisie. Jy sien; God stel meer belang in wat met ons gebeur en wat ons word wanneer ons werk as wat se werk ons doen. Alle werk is eerbaar in God se oë veral wanneer ons Hom verhoog in ons werk. Begin om anders te kyk na jou werk; werk met die vooropgestelde idee om God te verheerlik en nie om net net jou uitgawes te betaal nie. Vandag wil ons verder gesels oor hoe ons kan vernuwe en hoe ons gesond in ons beroep kan WEES.
Psalm 46:11 “Wees stil en weet Ek is God”.
Romans 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.
Gebed:
Open met gebed.
Lees:
Matt. 16:26: Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe?
Gesels:
Gesels en praat oor die sewe gewoontes wat gesondheid in jou beroep bevorder:
- Ek doen my werk met entoesiasme -Kol. 3:23
- a) Hierdie werk is ‘n toets – 16:10-12
- b) God sien my -2 Tim. 2:15
- c) My houding teenoor my werk bewerk blydskap -Spr. 12:24; Rom. 12:11
- Ek verstaan vir wie ek regtig werk -Kol. 3:23-24
- Ek verstaan dat my werk my karakter bevorder
- Ek gee om vir die mense saam met wie ek werk -1 Kor. 16:14; Fil. 2:4; Ef. 4:2
- Ek doen meer as wat van my verwag word -Kol. 3:22; Matt. 5:41
- Ek verbreed my kennis deur gedurig nuwe vaardighede aan te leer -Kla. 10:10
- Ek wy myself daarna toe om in my werk God ten alle tye te verheerlik -Spr. 16:3; 2 Kor. 5:20
Vra:
- Hoe kan ek op praktiese maniere my werk in aanbidding verander?
- Die Bybel sê: “Ons is ambassadeurs vir Christus”(2 Kor. 5:20). Watse werk doen ‘n ambassadeur? Hoe kan jy ‘n ambassadeur vir Christus in jou werksomgewing wees?
Gebed:
Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke