Vernuwe en Wees ‘n Aanbidder
“Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.” Rick Warren
Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore
God het ons geskep vir aanbidding. Aanbidding gaan nie vir God oor wat met Hom gebeur nie, maar eerder wat met ons gebeur wanneer ons Hom aanbid. Aanbidding is nie net sing nie, aanbidding is alles wat ons doen. God wil hê ons moet Hom aanbid deur alles wat ons doen en aanpak, ons werk, ons familie, ons finansies, alles waarop ons tyd spandeer moet ‘n vorm van aanbidding wees. In hierdie tyd moet ons leer om op nuwe maniere God te aanbid. Ons moet vernuwe word en ons moet aanbidders WEES.
Psalm 46:11 –“Wees stil en weet Ek is God”.
Romans 12:2 –“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.
Gebed:
Open met gebed.
Lees:
1 Kronieke 16:29-“Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien. Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak, kniel voor Hom en erken Hom vir wie Hy regtig is.”
2 Kronieke 29:28-“Die hele vergadering het die Here vereer. Die sang en trompetspel het aangehou totdat die offers klaar was.”
Psalm 95:6–“Kom ons buig voor God en erken Hom vir hoe groot Hy regtig is.
Kom ons kniel nederig voor die Heer wat ook vir ons gemaak het.”
Psalm 100:1-5–“Die hele wêreld moet die Here loof en aanbid! Dien Hom met vreugde. Gaan na Hom toe. Sing vol blydskap en opgewondenheid. Jubel dit uit dat die Here die enigste God is. Die Here het ons gemaak. Elkeen van ons behoort aan Hom: ons is Syne. Ons leef elke dag uit sy hand. Die Here sorg vir ons net soos ’n skaapwagter sy skape versorg. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaarkom nie. Dien die Here. Loof Hom veral daar waar die gelowiges bymekaarkom. Sing lofliedere saam met almal wat die Here liefhet. Loof sy Naam. Luister mooi, die Here is ’n goeie God! Hy sal ons wat in Hom glo, nooit ophou liefhê nie. Hy is ’n goeie God, nou en vir altyd.”
Gesels en vrae:
- Hoekom moet ons God aanbid?
- Is aanbidding net sing in die kerk?
- Wat is aanbidding regtig?
- Hoekom is dit belangrik om God te aanbid?
- Hoe kan ons God aanbid en hoe kan ons Hom in hierdie spesifieke tyd aanbid?
Praise and Worship:
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die aand diens gedoen is.
Gebed:
Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke