Deut 26:11 (53)
… jy moet VROLIK wees oor al die goeie dinge wat die Here jou God jou en jou huis gegee het …
Rom 15:13 (53)
En mag die God van die HOOP julle vervul met alle BLYDSKAP en vrede deur die geloof, dat julle OORVLOEDIG kan wees in die hoop deur die KRAG van die Heilige Gees!
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Jak 1:2 (NLV)
… wanneer julle in allerhande BEPROEWINGS beland, moet julle eintlik baie bly wees.
Jak 1:3-4 (NLV)
Julle weet mos: Wanneer ’n mens se GELOOF ’n TOETS deurstaan, veroorsaak dit dat … julle julle lewensdoel BEREIK en geestelik gesond (kan) wees. Julle sal niks kortkom nie.
Neh 8:10 (NLV)
Moenie terneergedruk wees nie, want die BLYDSKAP wat die Here gee, sal julle KRAG wees!
As kinders van God weet ons hoe dit voel om deur ‘n Gelooftoets te gaan. Dit is nie maklike toetse nie. Ons weet nooit hoe lank hulle gaan duur nie. Ons weet nie altyd presies wat ons veronderstel is om te leer terwyl deur die toets gaan nie. Terwyl ons deur die toets gaan, gaan ons Gees, Siel en Liggaam deur so baie emosies. Hierdie emosies kan ons onderkry. Negatiewe emosies kan ons hele menswees beïnvloed.
Jakobus wil ons leer dat Gelooftoetse nie nadelig vir gelowiges is nie. Hierdie toetse is voordelig en dit maak ons geloof sterker. Daarom leer Jakobus ons om elke Gelooftoets met Blydskap in te gaan. Bly Wees wanneer ons deur Gelooftoetse gaan help ons om hierdie toetse met sukses te slaag. Ons hoef nie terneurgedruk die toetse van die lewe te skryf nie. Na elke toets sien ons gewoonlik die rede hoekom ons dit deurgemaak het.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.