Deut 26:11 (53)
… jy moet VROLIK wees oor al die GOEIE dinge wat die Here jou God jou en jou huis gegee het …
Neh 8:10 (NLV)
… Moenie TERNEERGEDRUK wees nie, want die BLYDSKAP wat die Here gee, sal julle KRAG wees!
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Jes 60:2 (53)
Want kyk, die duisternis (ONSEKERHEID) sal die aarde oordek en donkerheid (ANGS) die volke …
Jes 60:2b (53)
… maar oor jóú (regverdige) sal die Here opgaan, en sy HEERLIKHEID (vreugde) sal oor jou gesien word.
Jes 60:20 (83)
Jou SON en jou MAAN is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou ‘n ewige lig (VREUGDE) wees, jou dae van smart (HARTSEER) is verby.
Blydskap in die Here is ons Krag. God belowe dat Hy ons duisternis in lig sal verander. Ons word so maklik negatief oor ons situasie, ons sien net die hier en die nou. God kyk egter na ons en Hy sien ons hele verhaal, ons hele geskiedenis, voor Hom. Hy sien jou Verlede, jou Hede en jou Toekoms. Hy sien die donker in jou hede, maar Hy sien ook die lig in jou toekoms.
Blydskap in die Here is ons Krag. Dit help nie om negatief en terneurgedruk oor jou huidige omstandighede te wees nie. Negatiwiteit gaan nie ‘n verskil daaraan maak nie. Ons versterk ons in die Here. Hy gee vir ons die nodige krag, wysheid en insig. Ons kan ons verbly in Hom. Ons kan Bly Wees, want ons weet daar is ‘n uitkoms en ‘n oorwinning na elke tyd van hartseer, beproewing en pyn.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.