Konneksiegroep

Wees Bly! – Deel 3:

 

Deut 26:11 (53)

jy moet VROLIK wees oor al die GOEIE dinge wat die Here jou God jou en jou HUIS gegee het …

 

Jes 60:2 (53)

Want kyk, die DUISTERNIS (onsekerheid) sal die aarde oordek en donkerheid (ANGS) die volke, maar oor jóú (REGVERDIGE) sal die Here opgaan, en Sy heerlikheid (VREUGDE) sal oor jou gesien word.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Wat veroorsaak onsekerheid en angs in jou lewe?
  2. b) Noem ‘n situasie of gebeurtenis waar jy onseker of angstig oor ‘n situasie was en hoe jy vreugde en uitkoms beleef het.

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Joh 12:36 (83)

Terwyl julle die lig het, moet julle in die LIG (vreugde) GLO, sodat julle mense van die lig kan wees.

 

Eks 10:22-23 (83)

… Dit (was) PIKDONKER oor die hele Egipte … niemand (kon) iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar LIG

 

Job 29:2-4 (83)

Kon dit maar weer met my gaan soos lank gelede … toe sy lig BESKERMEND oor my GESKYN het en my pad in die donker verlig het. Dit was die beste jare van my lewe …

 

Job 42:10,12 (83)

Nadat Job … GEBID het, het die Here die omstandighede van Job VERANDER en … Die Here het die laaste deel van Job se lewe VOORSPOEDIGER gemaak as die eerste …

 

Jes 60:20 (83)

… Die Here sal vir jou ‘n EWIGE LIG (vreugde) wees, jou dae van smart (hartseer) is verby. 

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Job bevind hom in ‘n unieke situasie. Hy lewe voluit vir God. Hy leef in ‘n “naby verhouding met God”, soveel so dat die duiwel Job by God aankla. God sien egter die hart van die mense en Hy weet dat Job opreg God dien. Hy sien ‘n onvoorwaardelike liefde vir Hom in Job se hart. Daarom luister God na die duiwel se aanklag. Die duiwel beweer dat indien dit moeilik gaan gaan met Job, hy van God sal vergeet en dat sy liefde vir God sal vervaag.

 

God gee die duiwel die reg om Job se liefde vir sy Maker te toets, met een voorwaarde. Die duiwel mag nie Job se lewe neem nie. Ons sien hoe duisternis, angs en hartseer oor Job kom. Alles veroorsaak deur ons teëstander, ons vyand, die duiwel.

 

Toe die “Lig” egter vir Job aangaan. Sien Job waar sy hartseer, angs en onsekerheid vandaan kom. Hy besef opnuut dat hierdie beproewinge nie van God kom nie, maar van sy, en ons, vyand. Toe hierdie “Lig” van sekerheid vir Job aangaan, besef hy dat hy weer sy vrede en vreugde kan terugkry.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Het jy al soos Job gevoel? Hoe het jy oor hierdie gevoel gekom?
  • Hoekom gaan ons deur tye van duisternis in ons lewens?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Gesels met God oor jou eie tye van onsekerheid, duisternis en angs. Vra Hom waar Hy tydens hierdie tye Homself bevind in jou lewe.
  2. Gesels oor hoe God in hierdie week jou kan gebruik om lig vir die mense om jou te wees?