Konneksiegroep

Wees Bly! – Deel 4:

 

Deut 26:11 (53)

En jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die Here jou God jou en jou huis gegee het.

 

Jak 1:2-3 (83)

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

 

1 Pet 1:6 (NLV)

Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Wat is die doel van beproewinge?
  2. b) Noem ‘n situasie of gebeurtenis toe jy deur ‘n beproewing gegaan het en hoe jy aan die ander kant uitgekom het.

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

1 Pet 1:7 (83)

Sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 

 

Jes 43:2 (53)

As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Petrus vergelyk beproewinge met ‘n vuur. Hierdie vuur verteer al die namaaksel en aangeplaktheid van ons lewens en slegs die ware self bly oor. Dit is die funksie van beproewinge. Beproewinge is nie vir ons verval of self dood nie. Beproewinge bring lewe en lewe in oorvloed. Beproewingsvuur brand alles weg wat in elk geval nie staande kan bly nie

 

Daarom kan ons bly wees wanneer ons beproef word, want ons weet dat ons net sterker aan die anderkant gaan uitkom. Ons gaan as oorwinnaar aan die anderkant uitkom. Daarom kan ons ons verheug oor beproewinge wat oor ons kom. ‘n Beproewing is nooit vir ons negatief nie, dit is altyd positief met goeie vooruitsigte.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Wat is die doel van beproewinge in ons lewens?
  • Hoekom hoef ons nie bang te wees vir beproewinge nie?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Gesels met God oor jou eie beproewinge.
  2. Gesels oor hoe God in hierdie week jou kan help om Bly te Wees oor hierdie beproewinge?