Deut 26:11 (53)
… jy moet VROLIK wees oor al die goeie dinge wat die Here jou God jou en jou huis gegee het …
Fil 4:4 (83)
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
Psa 118:24 (NLV)
Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
1 Kron 13:3 (NLV)
Want nou is die tyd dat ons die ark van ons God na ons toe terugbring, want ons het dit in die dae van Saul verwaarloos.
1 Kron 15:28 (NLV)
Die hele Israel het die verbondsark van die Here opgeneem na Jerusalem toe met uitroepe van blydskap, die geblaas van …
1 Kron 15:29 (NLV)
Terwyl die verbondsark van die Here die Stad van Dawid inkom, het Mikal, Saul se dogter, deur haar venster gekyk. Toe sy sien hoe koning Dawid dans en van vreugde spring, het sy hom in stilte verag.
1 Kron 16:8-11 (NLV)
Dank die Here, roep sy Naam aan. Laat die nasies weet wat Hy gedoen het. Sing vir Hom, ja, besing sy lof! Vertel van sy wonderwerke. Juig oor sy heilige Naam. Aanbidders van die HERE, wees bly! Soek na die Here en sy krag. Hou aan om Hom te soek.
1 Kron 16:34-36 (NLV)
Dank die Here, want Hy is goed! Sy troue liefde duur vir altyd. Julle moet uitroep: “Red ons, God van ons heil! Versamel en red ons van die nasies, sodat ons U heilige Naam kan dank, sodat ons kan bly wees, en U kan prys!” Prys die Here, die God van Israel, vir altyd en altyd! Al die mense het “Amen!” uitgeroep en die Here geprys.
Ons sien in 1 Kon 15; dat Dawid, wat die koning was, nie sy blydskap en vreugde kan inhou nie. Hy is so dankbaar oor wat God vir hom en vir die volk gedoen het dat hy oop en bloot voor God gedans het. Hy het nie voor die mense gedans nie, hy het voor sy Heer en Verlosser gedans uit Blydskap oor God se goedheid en guns oor hom.
Blydskap in die Here word gewoonlik in die publiek uitgeleef. Ons sien dat nie almal daarvan hou wanneer ons Bly is in die Here nie. Dawid se dogter het nie van hierdie uitbundige uitbeelding van lof en die weerkaatsing daarvan deur dans, musiek en sang deur die koning, gehou nie, sy het Dawid verag. Nie almal om ons en in ons lewenskringe hou daarvan wanneer dit goed met ons gaan nie. Baie mense vererg hulle wanneer ons ons verbly in God en Sy goedheid vir ons. Tog is dit juis hierdie rede hoekom ons in die openbaar God se goedheid met uitlig. Dit is deur die openlike daad van lof en aanbidding dat ander mense geraak word deur God se goedheid en guns. Nie almal word negatief beïnvloed nie. Die meeste mense verbly God saam met ons.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.