Waar is Jesus?
4-7 September 2022
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Luk 15:1
En al die tollenaars en sondaars het die GEWOONTE gehad om na Hom (Jesus) te kom en na Hom te LUISTER.
- Joh 3:17
Want God het sy seun in die wêreld GESTUUR nie om die wêreld te VEROORDEEL nie, maar dat die wêreld deur Hom GERED kan word.
- Luk 15:2
… die Fariseërs en die skrifgeleerdes (Kerk) het baie GEMURMUREER (veroordeel) en gesê: Hierdie man ONTVANG sondaars en eet saam met hulle.
- Luk 15:3
Toe VERTEL Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê …
- Lukas 15:4 (NLV)
As jy 100 skape het en een het verdwaal en VERLORE geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat STAAN en die een gaan SOEK tot jy hom kry nie?
- Joh 3:16
Want so LIEF het God die wêreld (sondaars) … sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie…
- 1 Pet 4:8
… bo ALLES moet julle mekaar (sondaars) vurig liefhê, want die LIEFDE sal ‘n menigte sondes bedek.
- 1 Kor 3:12
…as iemand op dié FONDAMENT bou …
- 1 Kor 3:11
… niemand kan ‘n ANDER fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
- Hand 2:47
… die Here het DAAGLIKS by die gemeente gevoeg die wat gered is.
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard – Video
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Indien Jesus weer op aarde sou kom woon. Waar dink jy sal Hy die meeste van Sy tyd spandeer?
- Hoekom is die kerk so ongemaklik met Evangelisasie?
- Hoekom, wanneer ons Evangelisties optree, ervaar ons Jesus as naby aan ons?
- Hoe kan ons in hierdie tyd meer Evangelisties optree?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “WAAR IS JESUS?”
1. Hoe naby dink jy is Jesus aan jou?
2. Met wie kan jy hierdie week gesels oor Jesus?