...

Die Waarde Van ‘n Siel

 11-17 September 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

As jy 100 skape het en EEN het VERDWAAL en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan SOEK tot jy hom kry nie?

Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een PENNING (MUNTSTUK) verloor, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en SOEK SORGVULDIG totdat sy dit kry nie? 

… die duiwel … wys Hom al die KONINKRYKE VAN DIE WêRELD en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie DINGE sal ek aan U GEE as U neerval en my aanbid. 

Want na al hierdie DINGE soek die heidene … Maar SOEK eers die KONINKRYK van God (SIELE)

Moenie vir julle skatte BYMEKAARMAAK op die aarde … maar maak vir julle SKATTE (SIELE) bymekaar in die HEMEL.

Omdat julle weet dat julle nie deur VERGANKLIKE dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel … maar deur die KOSBARE bloed van Christus …

Want wat BAAT dit ‘n mens as hy die HELE WÊRELD win, maar aan sy siel SKADE ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? 

Want die Seun van die mens het gekom om te SOEK en te RED wat VERLORE was. 

Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: WIE sal Ek STUUR? En wie sal vir ons GAAN? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur MY

  1. Dink jy daar is ‘n koste betrokke by die wen van ‘n siel?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “DIE WAARDE VAN ‘N SIEL”

1. Dink aan die prys wat dit Jesus gekos het vir die redding van jou lewe. Wat gaan dit jou kos om iemand anders te bereik met die Evangelie?

2. Met wie kan jy hierdie week gesels oor Jesus?

Seraphinite AcceleratorOptimized by Seraphinite Accelerator
Turns on site high speed to be attractive for people and search engines.