Met Ope Arms

 18-24 September 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

As jy 100 skape het en een het VERDWAAL en VERLORE geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan SOEK tot jy hom kry nie?

… vir sy vader gesê: … GEE MY … wat my toekom.

En nie baie dae daarna nie… WEGGEREIS na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur LOSBANDIG te lewe.

En toe hy ALLES DEURGEBRING het, kom daar ‘n swaar hongersnood … en hy het begin GEBREK ly. 

En hy het VERLANG… en NIEMAND (NIKS) het dit aan hom gegee nie. 

Maar hy het TOT HOMSELF GEKOM en gesê … Ek sal opstaan en na my vader gaan … 

EK SAL: Vader, ek het GESONDIG teen … U, ek is nie meer werd … nie; maak my…

… En toe hy nog VER WAS, het sy vader hom GESIEN en innig jammer vir hom gevoel …

… Vader … gehardloop en hom OMHELS (MET OPE ARMS).

… hierdie seun van my was DOOD en het weer LEWENDIG geword; en hy was VERLORE en is GEVIND. En hulle het begin vrolik word. 

… Bring die BESTE KLEED en trek hom dit aan, en gee ‘n RING vir sy hand en SKOENE vir sy voete. 

  1. Wat beteken die storie van die Verlore Seun vir jou persoonlik?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “MET OPE ARMS”

1. Sien jouself in God se Ope Arms. Wat dink jy wil Hy vir jou sê.

2. Met wie kan jy hierdie week gesels oor hierdie God wat vir ons wag met Ope Arms?