Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Een vir Een

Deel 4 van 4

“The church has many tasks but only one mission!”    –Arthur Preston

“Our mission is to live our personal communion with Christ with such intensity as to make it contagious”    –Paul Tournier

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Vanaand gaan ons gesels oor die antwoorde wat mense gee wanneer ons hulle meer oor Christus wil vertel:

  1. Ek wil nie daaroor praat nie: Gewoonlik word hierdie antwoord gegee wanneer die persoon ‘n negatiewe ervaring in sy/haar verlede beleef het. Dit is belangrik om te besef dat hierdie persoon beter deur ‘n vertrouensverhouding bereik gaan word. Dit gaan tyd neem om hierdie persoon se vertroue te wen. Dit is belangrik om na hierdie persoon se storie te luister, dit nie af te kraak of te veroordeel nie. Onthou die gesegde: “People don’t mind how much you know until they know how much you care.” Wanneer die persoon wel reg is om te praat onthou om stil te bly en te luister. Moenie kommentaar lewer nie. Wanneer die persoon klaar gepraat het vra dan vrae wat hom/haar kan begelei na bekering.
  2. Ek is Godsdienstig: Verduidelik die verskil tussen Godsdienstig wees en wat dit beteken om ‘n Christen te wees:

a) Godsdiens: Lewe met reëls en regulasies. Ek moet doen om die persoon/godheid wat ek dien se goedkeuring te kry. Altyd besig om teen ‘n leer op te klim om by die godheid uit te kom.

b) Christen wees: Die prys is reeds betaal, die werk is reeds gedoen. Christus het vir my sonde gesterwe. Ek hoef nie te werk om my vrylating te kry nie. Ek moet net in Sy rus ingaan en besef Hy is lief vir my, Hy gee om vir my en Hy is betrokke in my daaglikse lewe. Daar word nie teen ‘n leer opgeklim nie, want Hy is by en in my.

Gesels oor die verwagte antwoorde soos hierbo bespreek. Indien daar ander antwoorde ook al gehoor was, gesels oor hierdie antwoorde.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hierdie week:

  1. Dink aan jou Vrae en Antwoorde.  
  2. Word bewus van mense rondom jou wat nie die Vader ken nie.
  3. Na wie toe stuur die Vader jou?