14-20 Augustus 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Want alles wat uit God gebore is, oorwin (OORKOM) die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons GELOOF… hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

veel meer sal hulle wat die oorvloed van die GENADE en van die gawe van die GEREGTIGHEID ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus

Hoe sal ons oorkom?

1. Oorvloed van Genade 

2. Gawe van Geregtigheid

Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus GEKRUISIG is sodat die sonde se mag oor ons VERBREEK kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. 

… Die probleem lê … by myself omdat ek aan my SONDIGE natuur gebind is. Ek is ’n slaaf wat aan die sonde verkoop is. 

… kon nie met julle praat soos met GEESTELIK volwassenes nie. Ek moes met julle praat soos met mense wat nog wêrelds is, soos met kindertjies in die Christelike geloof. 

Moenie die SONDIGE wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie.

Arme ek! Wie sal my uit hierdie DOODSTOESTAND red? 

Die ANTWOORD hierop is: Jesus Christus ons Here, en daarvoor dank ek God!

Vir hulle wat aan Christus Jesus VERBIND is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Die lewegewende Gees is so MAGTIG dat Hy jou deur Christus Jesus BEVRY het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood. 

En die Here sê vir Kain: Waarom is jy KWAAD, en waarom laat jy jou hoof hang

Is daar nie VERHEFFING as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor HEERS. 

  1. Wat is die invloed van sonde op die mense?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “OORKOM”.

1. Wat dink jy verhoed jou om jou sonde te OORKOM?

2. Wat kan jy hierdie week doen wat jou die vermoeë kan gee om jou sonde te OORKOM?