24-30 Julie 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

… Al is ons BAIE, vorm ons SAAM een liggaam omdat ons aan Christus VERBIND is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons MEKAAR nodig. 

1. Verhoudings is BELANGRIK.

2. Verhoudings vra WERK.

3. Verhoudings is BREEKBAAR.

Kom na My toe, ALMAL wat VERMOEID en BELAS is, en Ek sal julle RUS gee. 

Neem my juk op julle en LEER van My, want Ek is SAGMOEDIG en nederig van hart, en julle sal RUS vind vir julle siele…

VERHARD julle harte nie soos in die VERBITTERING, in die dag van die versoeking … nie … Hulle sal in my rus nie INGAAN nie. 

Laat jou GAWE daar voor die altaar bly en gaan VERSOEN jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe. 

So sal ook my hemelse Vader aan julle DOEN as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge VERGEWE nie.

Ek VERMAAN julle dan … om te wandel waardig die ROEPING waarmee julle geroep is, met alle NEDERIGHEID en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde VERDRA en ernstig strewe om die EENHEID van die Gees te bewaar deur die band van die VREDE

  1. Hoekom is die nodig dat ons in vergifnis en in vrede met die mense om ons moet lewe?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Beter SAAM”.

1. Wie het jy nodig om te vergewe? Dalk kan jy hierdie week hierdie persoon kontak en met hom/haar gesels en ‘n vergewingsplan in werking stel.

2. Wie het nodig om jou te vergewe? Dalk kan jy hierdie week hierdie persoon kontak en met hom/haar gesels en ‘n vergewingsplan in werking stel.  

3. Bid gereeld hierdie week vir hierdie persone in jou lewe.