Beter SAAM-Deel 6

Beter SAAM-Deel 6

 31 Julie – 6 Augustus 2022

Pastoor Raymond Nell

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 
  • Lees: 

Markus 4:1-2 en 35-41

Jesus het weer die mense langs die see begin leer. ‘n Baie groot menigte het by Hom saamgedrom, sodat Hy op die see in ‘n skuit gaan sit het. Die hele menigte was langs die see op die strand. Hy het hulle baie deur gelykenisse geleer….

Jesus maak die storm stil

(Matt. 8:23-27; Luk. 8:22-25)

Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.” Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

  • Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  1. Noem ‘n paar positiewe kenmerke van die jonger generasies.
  • Hoe kan ons as verskillende generasies SAAM werk?
  • Gesels oor die stelling: “Ons GELOOF is ‘n geloof wat PRAAT en DOEN.”
  • Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Beter SAAM”.

1. Wie is in jou binnekring? Wat is die ouderdomme van hierdie persone? Hoe goed kom jy oor die weg met elkeen? Wat kan verander sodat jy beter oor die weg kom met hulle?

2. Wat kan jy hierdie week SAAM met hulle doen om jou verhouding met hulle sterker te maak?

3. Bid gereeld hierdie week vir hierdie persone in jou lewe.