Bewusteloos
Bitterwortels
Deel 2:

Bewusteloos

Deel 2-Bitterwortels:

 

Heb 12:15 (53)

… en pas op dat niemand in die GENADE van God VERAGTER nie; dat geen wortel van BITTERHEID opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoekom is dit noodsaaklik om nie ruimte en plek vir bitterheid in ons lewens te maak nie?

       b) Hoe oorkom ons ‘n bitterhart?                                                                                             

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Gen 6:8-9 (53)

Maar Noag het GENADE gevind in die oë van die Here … Noag het met God GEWANDEL. 

 

Gen 6:13,15 (53)

En God sê vir Noag … Só moet jy dit MAAK …

 

Gen 6:17,18 (53)

Want kyk, Ék bring ‘n watervloed oor die aarde … Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe … Maar met jou sal Ek my VERBOND OPRIG …

 

Gen 6:18b (53)

… jy MOET in die ARK gaan, jy en jou seuns (en jou dogters) en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. 

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Ons leef in ‘n tyd wat skrikwekkend baie lyk soos die dae van Noag. Soos Jesus in Matteus 24 waarsku, is die gevaarlikste toestand van die mensdom nie noodwendig uiterlike chaos nie, maar ‘n innerlike doofheid: “Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het.”

 

Wanneer ons na hierdie waarskuwing kyk, is dit krities om te vra: Wat is dit wat ons geestelik so blind en doof maak dat ons weggesleur kan word? Hebreërs gee vir ons die antwoord: dit is wanneer ons in die genade van God veragter en toelaat dat ‘n “wortel van bitterheid opskiet” (Heb 12:15).

 

Hier is waarom bitterheid een van die gevaarlikste magte in ‘n gelowige se lewe is:

 

  • Bitterheid maak jou doof vir God se stem

Die skare in Noag se tyd is vernietig omdat hulle geestelik aan die slaap was. God het deur Noag gepraat, maar hulle het nie geluister nie.

  • Bitterheid besoedel ander

Die vloedwaters van Genesis het “alles wat op die aarde is” (Gen 6:17) weggespoel en vernietig. Bitterheid werk presies so. Dit bly nooit net by een mens nie.

 

Die Keuse tussen die Vloed en die Verbond

God se hart is nooit vernietiging nie. Sy belofte aan Noag staan vandag nog vir ons: “Maar met jou sal Ek my verbond oprig” (Gen 6:18).

Die waarskuwingstekens is oral. Ons moenie wees soos die mense van Noag se tyd wat onbewus was totdat die oordeel hulle weggesleur het nie. Ons moet luister. Ons moet waak teen elke klein saadjie van wrok in ons harte, sodat dit nie ‘n vernietigende wortel van bitterheid word nie. Ons veiligheid lê daarin om – net soos Noag – onophoudelik in die genade van God te bly, met Hom te wandel, en in die veiligheid van Sy ark van vergifnis en gehoorsaamheid te leef.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Wat maak ons bitter?
  • Hoe kan ons ontslae raak van die wortel van bitterheid

 

 

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Vra die Here om jou te help om nie toe te laat dat bitterheid jou hart verhard nie.
  2. Vra die Here om jou te help: Om beter na Hom, te luister in hierdie nuwe week.