Bewusteloos
Deel 4 – “‘n Gejaag na Wind”:
Heb 12:15 (53)
… en pas op dat niemand in die GENADE van God VERAGTER nie; dat geen wortel van BITTERHEID opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.
Konneksiegroep:
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Pred 2:11 (NLV) Ek het daarna egter NAGEDINK oor alles wat ek bereik het, oor al die MOEITE wat ek gedoen het. Ek het besef hoe SINLOOS (Hevel) dit alles is. Dis niks anders as ’n gejaag na wind nie. Daar is geen VOORDEEL onder die son nie. (“Hevel” beteken letterlik damp, rook of asem).
Fil 3:7 (83) Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as WAARDELOOS (Hevel) ter wille van Christus …
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Baie van ons leef op “autopilot”. Ons is so besig om ‘n bestaan te maak en dinge bymekaar te maak, dat ons geestelik “bewusteloos” raak oor dit wat werklik saak maak. Ons raak vasgevang in ‘n gejaag na wind.
Wanneer ons geestelik bewusteloos leef, jaag ons agter dinge aan wat nie hou nie. Koning Salomo was die rykste en wysste man, tog het hy tot ‘n skokkende besef gekom.
Prediker 2:11 (NLV)
“Ek het daarna egter NAGEDINK oor alles wat ek bereik het, oor al die MOEITE wat ek gedoen het. Ek het besef hoe SINLOOS (Hevel) dit alles is. Dis niks anders as ’n gejaag na wind nie. Daar is geen VOORDEEL onder die son nie.”
Konteks: Die Hebreeuse woord “Hevel” beteken letterlik damp, rook of asem. Dit lyk asof dit substansie het, maar as jy dit probeer vasgryp, verdwyn dit in jou hande.
Hoekom is hierdie gejaag na wind so uitputtend? Dit is omdat ons die leuen van EIENAARSKAP bo die waarheid van RENTMEESTERSKAP glo. As ons dink alles behoort aan ons, is dit ons verantwoordelikheid om dit te beskerm, te vermeerder en daaroor te stres. As ons besef ons is net bestuurders (rentmeesters) van God se dinge, bring dit vryheid.
Om uit hierdie bewustelose toestand wakker te word, moet ons leer waardeer wat werklik waarde het, en dit wat waardeloos is laat gaan.
Opsommend:
|
Die Wêreld se Manier (Bewusteloos) |
God se Manier (Wakker) |
|
Fokus: Eienaarskap (Dit is myne) |
Fokus: Rentmeesterskap (Dit is God s’n) |
|
Resultaat: Uitputting en ‘n gejaag na wind |
Resultaat: Vrede en vryheid |
|
Uitkoms: Alles is Hevel (Waardeloos/Damp) |
Uitkoms: Arbeid in die Here is nooit tevergeefs nie |
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.