“BID VORENTOE”- Deel 1

“BID VORENTOE”- Deel 1

Week 1: 3-9 Oktober 2021

Renaldo Barnard

In die Bybel sê God vir Abraham: “Ek maak jou die pa van baie nasies.” Abraham het hierdie belofte met sy hele lewe geglo. Hy het geweet dat God die onmoontlike kan doen: Hy kan dooies lewendig maak en met ’n enkele woord iets uit niks tot stand bring.die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.” Rom 4:17

Welkom

Woord

1. Gebed: Open met gebed. 

2. Lees:   

  • Rom 4:18 Hy (Abraham) het teen hoop op hoop geglo … volgens wat gesê was
  • 1 Pet 3:10 (NLV) Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens”.
  • Jak 4:2 Julle begeer en julle het nie … Julle veg en maak oorlog, en julle het nie
  • Jak 4:2b … omdat julle nie bid nie. 
  • Jak 4:10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog
  • Dan 6:4 Toe het … Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat ‘n voortreflike gees in hom was …
  • Dan 6:6 … gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ‘n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens
  • Dan 6:11 En net toe Daniël verneem het … hy in sy huis gegaan … in sy bo-kamer…en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieë geval en gebid … net soos hy tevore gedoen het. 
  • Dan 6:24 So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ‘n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het. 
  • Luk 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

3. Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard

4. Gesels: 

  1. As Connect Groep: “Waarvoor moet julle vandag bid?”  
  2. Waarvoor moet julle nou bid om julle toekoms te verander? 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae vir hierdie week

Dink aan die woorde: “BID VORENTOE!”

  • Vra jouself hierdie vraag: “Is ek besig om vorentoe te bid?” 
  • Watter gebede moet jy hierdie week bid?  
  • Nooi die Vader in jou gebed in en vra Hom om jou te wys watter gebede is nodig vandag wat jou toekoms te beïnvloed?