Week 3: 17-23 Oktober 2021
Renaldo Barnard
In die Bybel sê God vir Abraham: “Ek maak jou die pa van baie nasies.” Abraham het hierdie belofte met sy hele lewe geglo. Hy het geweet dat God die onmoontlike kan doen: Hy kan dooies lewendig maak en met ’n enkele woord iets uit niks tot stand bring.die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Rom 4:17
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Rom 4:17 … die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
- Jak 4:2 Julle begeer en julle het nie … Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
- Pred 4:12 Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
- Matt 6:1-14 … As jy bid … As jy vas … As jy gee …
- Matt 5:6 (NLV) Gelukkig is dié wat honger en dors … want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.
- Matt 6:6 … wanneer jy bid … jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
- Matt 17:19-21 Waarom kon ons…nie? … En Jesus antwoord hulle … julle ongeloof … Maar hierdie … gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
- Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
- Matt 17:20b … want … as julle geloof het … sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
- Esra 8:21 (ABA) Ek het … gesê dat ons moet vas, want ons moet ons voor God verneder en bid dat Hy dit goed sal laat gaan met ons en ons families en alles wat ons het.
- Kyk na die video deur Renaldo Barnard
- Gesels:
- As Connect Groep: “Waarvoor moet julle as groep vas en bid volgende week?”
- Maak ‘n vas en gebed ketting volgende week. (Besluit wie gaan wanneer vas en bid en skryf dit neer)
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae vir hierdie week
Dink aan die woorde; “BID VORENTOE!”
- Vra jouself hierdie vraag: “Waarvoor moet jy vas en bid in hierdie nuwe week?”
- Nooi die Vader in jou gebed in en vra Hom om jou te wys watter gebede is nodig vandag wat jou toekoms te beïnvloed?