Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste … is die volgende …

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.
Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.
Verwelkom elke groepslid
Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Hoekom is ‘n gesonde gees so belangrik?
Hoe weet jy wanneer jou gees nie gesond is nie?
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees: Kerntekse vir vandag
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
Skep vir my ‘n rein hart, o God; en vernuwe ‘n regte gees in my binneste.
Maar nou sal jou koningskap nie standhou nie. Die Here het vir Hom ‘n man na sy hart uitgesoek, en die Here het hom as leier volmag oor sy volk gegee, omdat jy dit wat die Here jou beveel het, nie nagekom het nie.”
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Evangelisasie en Dissipelskap
Leierskap en Mentorskap
Gesonde families, Gesonde Kerk
Gesonde Liggaam, Gesonde Siel en ‘n Gesonde Gees
Hierdie week gesels ons oor ‘n Gesonde Gees.
Wanneer ons praat van die gees van die mens, praat ons van die hart van die mens.
Die Bybel sê dat Dawid was ‘n man na God se hart. God kyk na die hart van die mens. God het van die begin af gesien dat Dawid se hart reg is. Hy het ‘n hart na God se wil en plan gehad. Hy het altyd God se wil en plan in elke situasie gesoek. Wanneer Dawid iets verkeerds gedoen het, het hy dadelik berou gekry en met God daaroor gepraat. Hy het altyd God se vergifnis gesoek, selfs bo die aansien van die mense om hom. God soek mense wat vinnig berou kry en vinnig belydenis doen. Hierdie mense het ‘n Gesonde Hart = Gees.
Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:
Beskryf die gees van die mens. Hoekom is ons gees vir God so belangrik?
Wat kan ons doen om ons gees gesond te hou?
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Vra die Here om vir jou te wys wat jy kan doen om jou gees gesond te hou.
Vra die Here om jou te wys vir wie jy hierdie week moet bid. Bid ook vir almal wat siek is en noem hulle name voor God.