Skip to content
VIDEO
Week 2: 26 September-2 Oktober 2021
Ronnie Barnard
Open 22:17 “En die GEES en die BRUID sê: Kom …”
Welkom
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
Open 22:17 … Kom! En laat hom wat DORS het, KOM; en laat hom wat WIL , die water van die LEWE neem, VERNIET.Open 22:20 … JA, Ek kom GOU. Amen, JA KOM, Here Jesus.Rom 10:12,13 … is RYK oor almal wat Hom AANROEP. Want: ELKEEN wat die Naam van die Here AANROEP, sal GERED word.Ps 50:15 … en ROEP my AAN in die dag van die BENOUDHEID: Ek sal jou UITHELP …Ex 2:23 … En hulle GEROEP, om hulp oor hulle SLAWERNY het OPGEKLIM tot God.Ex 2:24 En God het hulle GEKERM gehoor, en God het GEDINK aan sy VERBOND …Fil 3:19,20 hulle BEDINK aardse dinge. Want ons BURGERSKAP is in die HEMELE, van waar ons ook as Verlosser VERWAG die Here Jesus Christus …Fil 3:21 … wat ons VERNEDERE liggaam van gedaante sal VERANDER …ll Kor 5:2 Want om hierdie rede SUG ons ook en VERLANG om met ons woning uit die HEMEL oorklee te word.ll Kor 5:5 Maar Hy wat ons juis HIERVOOR toeberei het, is God, wat ons ook die GEES as die ONDERPAND (Verloofring) gegee het.ll Kor. 11:2 … GODDELIKE JALOERSHEID, want ek het julle aan een man VERBIND, om julle (Gemeente) as ‘n reine maagd aan Christys VOOR te stel.Jak 4:4,5 … VRIENDSKAP van die wêreld vyandskap teen God is nie … Met JALOERSHEID begeer die GEES wat in ons woon?Ef 5:25 … soos Christus die GEMEENTE (W & L) liefgehad en HOMSELF daarvoor OORGEGEE het om dit te heilig … kom stel, verheerlik … Hand 20:28 … wat Hy deur sy eie BLOED verkry het.Heb 5:7 … (Jesus) … en smekinge met sterk GEROEP en trane aan Hom geoffer het wat Hom uit die DOOD kon RED, en ook VERHOOR is uit sy ANGS.Rom 8:15,16 … die Gees … deur wie ons ROEP: Abba, Vader! … getuig saam (Die GEES en BRUID roep)Mark 10:47,48 … begin HY om uit te roep … wees my BARMHARTIG … bestraf om STIL te bly … Al Harder uit roep …Matt 15:22 … na Hom GEROEP …Matt 25:6 En middernag was daar ‘n GEROEP …ll Pet 3:10,12 … sal kom soos ‘n DIEF in die nag … julle wat die koms … verwag en VERHAAS …
3. Kyk na die video deur Pastoor Ronnie Barnard
4. Gesels:
As Connect Groep: “Waarvoor kan julle uitroep na God?” Vir wie moet julle uitroep na God? Is daar enige persone waarvoor julle as Connect Groep nou kan bid?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae vir hierdie week
Dink aan die woorde; “Die Geroep!”
Vra jouself hierdie vraag: “Is ek besig om waaksaam uit te roep na God?” Vir wie moet ek hierdie week bid om homself/haarself reg te maak vir Jesus se koms? Vir wie moet ek hierdie week vertel van Jesus?