Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
• Gebed: Open met gebed.
• Lees:
• Mark 4:24 (53)
… Pas op wat julle HOOR; met die maat waarmee julle MEET, sal vir julle GEMEET word, en daar sal BYGEVOEG word vir julle wat (reg) hoor.
• Mark 4:25 (NLV)
Wie hulle OOPSTEL vir my ONDERRIG – vir hulle sal nog meer GEGEE word. Maar wie dit nie DOEN nie – van hulle sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog WEGGENEEM word.
• Spr 23:7 (53)
Want soos hy in sy siel BEREKEN, so is hy …
• Rom 12:2 (DB)
… laat God julle van binne af NUUTMAAK. Laat Hy julle manier van DINK verander sodat julle kan WEET … wat sy wil is …
• Num 13:2 (53)
STUUR vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel SAL GEE, kan verken.
• Num 13:31,32 (53)
Maar die manne … het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is STERKER as ons. So het hulle dan slegte GERUGTE … versprei oor die land …
• Num 13:33 (53)
… ons was soos sprinkane in ONS oë; so was ons ook in HULLE oë.
• Num 14:23 (53)
Hulle sal die land nie SIEN wat Ek aan hulle … BELOOF het nie, ja, almal wat My VERAG het …
• Luk 19:20-21 (83)
… hier is u MUNTSTUK. Ek het dit in ‘n doek GEBÊRE. Ek was bang vir u, want u is ‘n harde man. U EIS op wat u nie belê het nie …
• Luk 19:22 (83)
… Toe sê hy vir hom: “Met jou EIE WOORDE sal ek jou veroordeel”.
• Matt 9:29 (NLV)
… Hy (Jesus)…sê: “Soos julle GEGLO het, sal dit vir julle GEBEUR.”
• Psm 27:13 (53)
… o, As ek nie geglo het dat ek die GOEDHEID van die Here sal SIEN … nie.
• Jos 1:9 (NLV)
My OPDRAG aan jou is dat jy STERK en DAPPER moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is SAAM met JOU oral waar jy gaan.”
• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
• Gesels oor die Markus 4:24-25
• Gesels oor die Num 13:33
• Hoe Verander Jy Jou Maat Waarmee Jy Meet?
• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Die Maat Waarmee Jy Meet”.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde wat jy oor jouself en oor ander spreek.
2. Vra die Vader om jou te help om ‘n wag voor jou mond te sit sodat jou woorde opbouend en geseënd kan wees oor jouself en oor ander.