Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
• Gebed: Open met gebed.
• Lees:
• Mark 4:24 (53)
… Pas op wat julle HOOR; met die maat waarmee julle MEET, sal vir julle gemeet word, en daar sal BYGEVOEG word vir julle wat (reg) hoor.
• Mark 4:25 (NLV)
Wie hulle OOPSTEL vir my ONDERRIG – vir hulle sal nog MEER gegee word. Maar wie dit nie doen nie – van hulle sal … WEGGENEEM word.
• Matt 7:1-2 (53)
MOENIE OORDEEL nie … Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
• Matt 7:3 (53)
… waarom sien jy die SPLINTER in die oog van jou broeder, maar die BALK in jou eie oog merk jy nie op nie?
• Matt 7:5 (53)
Geveinsde, HAAL eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed SIEN om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
• Efe 2:8-9 (53)
Want uit GENADE is julle gered, deur die GELOOF, en dit nie uit julleself nie: dit is die GAWE van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag ROEM nie.
• Jak 4:6 (53)
Maar Hy gee GROTER genade; daarom sê Hy: God WEERSTAAN (veroordeel) die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy (meer) GENADE.
• 1 Kor 15:10 (53)
Maar deur die GENADE van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie…
• Joh 1:14 (53)
En die WOORD het vlees geword … en ons het sy HEERLIKHEID aanskou … vol van genade en waarheid.
• Joh 8:32 (53)
En julle sal die waarheid KEN, en die waarheid sal julle VRYMAAK.
• 1 Kor 5:6-8 (53)
… ‘n bietjie suurdeeg (maak) die hele deeg suur … SUIWER dan die ou suurdeeg uit, sodat julle … inderdaad ongesuurd is … met … REINHEID en WAARHEID.
• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
• Gesels oor die Matt 7:1-5
• Wat wil Jesus oor die oog vir ons leer vanuit Matt 7:1-5?
• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Die Maat Waarmee Jy Meet”.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan hoe jy die mense om jou sien.
2. Vra die Vader om jou te help om met ander oë na die mense om jou te kyk.