Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
• Gebed: Open met gebed.
• Lees:
• Mark 4:24 (53)
… Pas op wat julle HOOR; met die maat waarmee julle MEET, sal vir julle GEMEET word, en daar sal BYGEVOEG word vir julle wat (reg) HOOR.
• Mark 4:25 (NLV)
Wie hulle OOPSTEL vir my ONDERRIG – vir hulle sal nog meer GEGEE word. Maar wie dit nie doen nie – van hulle sal … WEGGENEEM word.
• Mark 4:22 (53)
Want daar is niks VERBORGE wat nie OPENBAAR sal word nie, en daar is niks WEGGESTEEK nie of dit moet in die LIG kom.
• Jak 5:16 (NLV)
Daarom moet julle julle SONDES teenoor mekaar BELY en vir mekaar BID sodat julle GESOND kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God REG is, het ’n KRAGTIGE werking.
• Mark 4:21 (NLV)
… ’n Lamp is tog sekerlik nie BEDOEL om ONDER ’n emmer of onder ’n bed gesit te word nie. Dis mos bedoel om op ’n LAMPSTAANDER gesit te word waar dit sy lig kan VERSPREI.
• Matt 5:13 (NLV)
Julle is die SOUT wat die aarde ’n BETER PLEK moet maak. Maar as die sout VERSLAAN het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal ONBRUIKBAAR.
• Rom 8:1 (53)
Daar is dan nou geen VEROORDELING vir die wat in CHRISTUS Jesus is nie, vir die wat nie na die VLEES wandel nie, maar na die GEES.
• Rom 8:6 (53)
Want wat die VLEES bedink, is die DOOD, maar wat die GEES bedink, is LEWE en u …
• Rom 8:11 (53)
En as die GEES … in julle WOON … wat Christus uit die DODE OPGEWEK het, ook julle sterflike liggame LEWEND maak…
• Joh 12:47 (53)
… want Ek het nie gekom om die wêreld te OORDEEL nie, maar om die wêreld te RED.
• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
• Gesels oor die Rom 8:6-11
• Hoe wil God hê moet jy MEET?
• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Die Maat Waarmee Jy Meet”.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan hoe Jy jouself sien.
2. Vra die Vader om jou te help om met ander oë na jouself te kyk.