5-11 Februarie 2023
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Eseg 47:9 (NLV)
ORAL waar hierdie rivier loop, BRING DIT LEWE … (VRUG)
- Joh 4:14 (53)
Maar ELKEEN WAT DRINK van die water … sal in ewigheid NOOIT DORS KRY NIE, maar … wat EK HOM SAL GEE, sal in hom word ‘n FONTEIN VAN WATER wat OPSPRING tot in die ewige lewe.
- Psm 63:2
O God, U is my God, U SOEK EK; my SIEL DORS NA U, my VLEES SMAG NA U, in ‘n dor en UITGEDROOGDE LAND, SONDER WATER.
- Eseg 47:1
DAARNA het hy my TERUGGEBRING na die INGANG van DIE HUIS, en kyk, daar het WATERS UITGESTROOM … van DIE HUIS uit …
- Psm 84:3-8
My SIEL VERLANG, ja, SMAG na die VOORHOWE van die Here … WELGELUKSALIG is hulle wat WOON IN U HUIS … As hulle deur die DROË LAAGTE TREK, maak hulle dit ‘n FONTEINLAND … Hulle gaan van KRAG TOT KRAG …
- Jak 4:8
NADER (DIEPER) TOT GOD, en HY SAL tot JULLE NADER. Reinig die hande, julle sondaars, en SUIWER DIE HARTE, julle DUBBELHARTIGES!
- Open 3:17
… JY SÊ: Ek is RYK en het verryk geword en HET AAN NIKS GEBREK NIE; en JY WEET NIE dat dit jy is wat ELLENDIG en BEKLAENSWAARDIG en ARM en BLIND en NAAK is nie.
- Luk 15:17-18
Maar hy het tot HOMSELF GEKOM EN GESÊ: EK SAL OPSTAAN en na MY VADER GAAN, en ek SAL VIR HOM SÊ: Vader, EK HET GESONDIG …
- Joh 6:37
… Ek sal HOM wat na MY TOE KOM NOOIT UITWERP NIE.
- Joh 6:35
En JESUS SÊ vir hulle: Ek is die BROOD VAN DIE LEWE; WIE NA MY TOE KOM, sal NOOIT HONGER KRY nie; en WIE IN MY GLO, sal NOOIT DORS kry nie.
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Gesels oor die verlore seun in Lukas 15, wat het gebeur toe hy by sy vader kom?
- Wat gebeur met my wanneer ek nader aan die Vader kom?
- God se liefde vir my wys my Sy liefde vir die mense om my. Wat kan ons as Konneksiegroep doen om Christus se liefde aan die mense om ons te wys?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “DIEPER met God en WYER met Mense”.
1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid.
2. Maak tyd hierdie week om: “Wyer met Mense” te gaan. Maak tyd om Christus se liefde aan die mense om jou te betoon.