DIEPER met God en WYER met Mense – Deel 512-18 Februarie 2023

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

ORAL waar hierdie rivier loop, bring dit LEWE … (VRUG)

… My SIEL verlang, ja, SMAG na die VOORHOWE van die  Here … WELGELUKSALIG is hulle wat woon in U huis … As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n FONTEINLAND … Hulle gaan van krag tot KRAG

… Want hy wat tot GOD GAAN, moet GLO dat Hy is en ‘n BELONER is van die wat HOM SOEK

GELUKKIG is dié wat HONGER en DORS na wat voor God REG is, want Hy sal hulle HARTSVERLANGE bevredig.

… o Vrou, GROOT is jou GELOOF; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. 

… Moenie soos die SKYNHEILIGES wees wat … bid sodat die mense hulle kan sien nie … dit is al BELONING wat hulle ooit sal kry … jou VADER wat ALLES weet, sal jou BELOON

GELUKKIG is julle wanneer julle BESPOT en VERVOLG word … Wees BLY, ja, JUBEL daaroor, want God sal julle RYKLIK daarvoor BELOON

… Ek VERSEKER julle, elkeen wat … ter wille van My … PRYSGEGEE het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel … ONTVANG.

MOENIE hierdie VERTROUE in God deur julle VINGERS laat GLIP nie. Dit hou vir julle ’n GROOT beloning in. 

Jesus sê: “Kyk, Ek KOM gou! My LOON kom saam met My om almal te BELOON volgens wat hulle GEDOEN het.

  1. Gesels oor Openbaring 22:12, wat bedoel die skrywer van Open 22:12 met die woorde LOON en BELOON?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “DIEPER met God en WYER met Mense”.


1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid. Vra die Here om jou te lei in hierdie week.

2. Maak tyd hierdie week om: “Wyer met Mense” te gaan. Volunteer hierdie week jou tyd en gawes in die Gemeente of in die Gemeenskap om jou.