DIEPER met God en WYER met Mense – Deel 512-18 Februarie 2023
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Eseg 47:9 (NLV)
ORAL waar hierdie rivier loop, bring dit LEWE … (VRUG)
- Psm 84:3-8 (NLV)
… My SIEL verlang, ja, SMAG na die VOORHOWE van die Here … WELGELUKSALIG is hulle wat woon in U huis … As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n FONTEINLAND … Hulle gaan van krag tot KRAG …
- Heb 11:6 (53)
… Want hy wat tot GOD GAAN, moet GLO dat Hy is en ‘n BELONER is van die wat HOM SOEK.
- Matt 5:6 (NLV)
GELUKKIG is dié wat HONGER en DORS na wat voor God REG is, want Hy sal hulle HARTSVERLANGE bevredig.
- Matt 15:28 (53)
… o Vrou, GROOT is jou GELOOF; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.
- Matt 6:5-6 (NLV)
… Moenie soos die SKYNHEILIGES wees wat … bid sodat die mense hulle kan sien nie … dit is al BELONING wat hulle ooit sal kry … jou VADER wat ALLES weet, sal jou BELOON.
- Matt 5:11-12 (NLV)
GELUKKIG is julle wanneer julle BESPOT en VERVOLG word … Wees BLY, ja, JUBEL daaroor, want God sal julle RYKLIK daarvoor BELOON.
- Mark 10:29-30 (NLV)
… Ek VERSEKER julle, elkeen wat … ter wille van My … PRYSGEGEE het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel … ONTVANG.
- Heb 10:35 (NLV)
MOENIE hierdie VERTROUE in God deur julle VINGERS laat GLIP nie. Dit hou vir julle ’n GROOT beloning in.
- Open 22:12 (NLV)
Jesus sê: “Kyk, Ek KOM gou! My LOON kom saam met My om almal te BELOON volgens wat hulle GEDOEN het.
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Gesels oor Openbaring 22:12, wat bedoel die skrywer van Open 22:12 met die woorde LOON en BELOON?
- Wat gebeur met my wanneer ek GEDOEN het wat die Vader van my verlang het?
- Waar kan julle as Konneksiegroep dien in die Gemeente of in die Gemeenskap en so Christus se liefde aan die mense om julle wys?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “DIEPER met God en WYER met Mense”.
1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid. Vra die Here om jou te lei in hierdie week.
2. Maak tyd hierdie week om: “Wyer met Mense” te gaan. Volunteer hierdie week jou tyd en gawes in die Gemeente of in die Gemeenskap om jou.