Dieselfde

Week 1: 1-7 August 2021
Mornè Kruger
DIESELFDE

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/


Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Markus 6:45-52
● Joh 17:14 “… nie van die wêreld is nie.”
● Fil 4:4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
● Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
● Fil 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
● Fil 4:8 “… watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”
● Fil 4:9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
● Heb 13:5-6 … Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nievrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?
● Jes 43:1-2 … Wees nie bevrees nie, want Ek sal jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur die vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
● Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
3. Kyk na die video deur Mornè Kruger
4. Gesels:
Alhoewel ons in DIESELFDE boot is as almal om ons, is ons nie almal
DIESELFDE nie:
1) Noem die omstandighede wat DIESELFDE is.
2) Noem die omstandighede wat VERSKILLEND is.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Werke en vrae
● Hierdie week: Wees bewus van al die omstandighede om jou wat
DIESELFDE is as almal rondom jou. Let op na die omstandighede wat NIE- DIESELFDE is nie.
● Dank God dat Hy altyd op ‘n unieke, eie aan jou, manier met jou werk.