Doelgerig – Deel 4
27 Augustus 2023
Pastoor Morne Kruger
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Luk 8:41-50
En daar kom ‘n man wie se naam Jaïrus was, en hy was ‘n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom; want sy enigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare Hom verdring. En ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie, het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het? Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het. En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie. Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.
- Gen32:26
Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
- Doelgerigte hande … Ek sal Hom aanraak.
- Doelgerigte hande weet wanneer en wie om aan te raak!
- 2Kon4:2
… Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ‘n flessie met olie. - Eks 4:2
Daarop vra die Here vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf.
- Eks 14:16
En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit
- 1 Sam 17:40
… en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.
- Matt14:17
Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.
- Joh18:10
En Simon Petrus wat ‘n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap…
- Deut 16:15b
… want die Here jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.
- Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Morne Kruger
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Lees as groep: – Lukas 8:41-50
- Gesels oor die krag van aanraking: Hoe kan ons God aanraak?
- Hoe Beïnvloed jou aanraking ander persoon se gemoed?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Lewe Doelgerig.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Doelgerigte Aanraking”. Vra die Vader om jou te wys; a) Hoe jy Hom kan aanraak? en b) Hoe jy ander om jouk an aanraak?
2. Hoe kan jy Doelgerig en Godgerig Aanraak in die volgende week?