Welkom
Woord
Ek hardloop dan soos een wat nie ONSEKER is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug SLAAN nie.
Daarom pyl ek REGUIT op die wenpaal af, DOELGERIG met elke tree wat ek gee.
Maak my voetstappe vas in u WOORD, en laat geen ONGEREGTIGHEID oor my heers nie.
Vra na die WIL van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte PAD vir jou wys.
U het my ruim VASTRAPPLEK gegee, my enkels het nie GESWIK nie.
… maak REGUIT paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer GESOND gemaak word.
Daarom, rig die SLAP hande en die VERLAMDE knieë weer op …
… ek VERGEET die dinge wat agter is en STREK my uit na wat voor is, en JAAG na die DOEL…
Nie dat ek dit al verkry het of al VOLMAAK is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus GEGRYP is.
Christus het ons LOSGEKOOP van die vloek … sodat die SEËN van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus …
Ek sal JOU SEËN sodat jy geëerd sal wees, en vir ANDER tot ’n SEËN sal wees.
Elke plek waar julle VOETSOOL op sal TRAP, dit gee Ek aan julle …
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Lewe Doelgerig.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan jou lewensdoel. Indien jy nog nie seker wat dit is nie, vra die Vader om jou te wys wat jou lewensdoel hier en nou is.
2. Hoe kan jy Doelgerig en Godgerig lewe in die volgende week?