Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- 1 Kor 9:26 (53)
Ek hardloop dan soos een wat nie ONSEKER is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug SLAAN nie.
- 1 Kor 9:26 (NLV)
Daarom pyl ek REGUIT op die wenpaal af, DOELGERIG met elke tree (woord) wat ek gee (praat).
- Gen 1:1,3 (53)
IN die begin het God … GESKAPE … God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
- Heb 11:3 (NLV)
Omdat ons GLO, verstaan ons dat God, deur net ’n woord te SPREEK, die ganse heelal GESKEP het. Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie.
- Rom 4:17 (53)
… van God in wie hy (Abraham) GEGLO het, wat die dode LEWEND maak en die dinge wat nie BESTAAN nie, ROEP asof hulle bestaan.
- Efe 5:1 (53)
Wees dan NAVOLGERS van God soos geliefde kinders.
- Matt 12:36 (53)
… elke YDELE woord wat die mense praat, daarvan moet hulle REKENSKAP gee …
- Matt 12:37 (53)
Want uit jou WOORDE sal jy GEREGVERDIG word …
- Rom 10:8 (53)
Maar wat sê dit? Naby jou is die WOORD, in jou MOND en in jou HART. Dit is die woord van die GELOOF wat ons verkondig (praat).
- Joh 6:63 (53)
Dit is die GEES wat lewend maak, die VLEES is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle SPREEK, is gees en is LEWE.
- Spr 13:2 (83)
‘n Mens kan VOORSPOEDIG word deur altyd die REGTE woorde te gebruik…
- Matt 10:19-20 (83)
Wanneer hulle julle UITLEWER … nie BEKOMMER oor … wat julle moet sê nie, want op daardie OOMBLIK sal God aan julle gee wat julle moet sê. Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die GEES van julle VADER wat deur julle praat.
- Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Lees as groep: – Rom 10:8 (53)
Maar wat sê dit? Naby jou is die WOORD, in jou MOND en in jou HART. Dit is die woord van die GELOOF wat ons verkondig (praat).
- Gesels oor die Impak van ons woorde?
- Hoe Beïnvloed jou mond jou hart?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Lewe Doelgerig.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde wat jy elke dag gebruik. Vra die Vader om jou te wys; a) Watter woorde jou hart positief en b) Watter woorde jou hart negatief beïnvloed?
2. Hoe kan jy Doelgerig en Godgerig lewe in die volgende week?