“… EN BID”-Deel 1

Waak en Bid

 2-8 Oktober 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  • Gebed: Open met gebed.
  • Lees:
  • Matt 26:41 “WAAK EN BID, dat julle nie in VERSOEKING kom nie. Die gees is wel GEWILLIG, maar die vlees is SWAK.
  • Luk 21:36 “Waak dan en bid ALTYDDEUR, sodat julle WAARDIG geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ONTVLUG en voor die Seun van die mens te staan. “
  • Jes 60:2 “Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; MAAR OOR JOU sal die Here opgaan, en sy HEERLIKHEID sal oor jou gesien word.”
  • Luk 21:28 “En as hierdie dinge begin gebeur, KYK DAN NA BO en hef julle hoofde op, omdat julle VERLOSSING NABY is.”
  • Rom 10:8 “Maar wat sê dit? Naby jou is die WOORD, IN JOU MOND (GEBED), en IN JOU HART. Dit is die woord van die geloof …”
  • Luk 21:34 “Maar PAS OP VIR JULLESELF, dat julle harte nie miskien BESWAAR WORD deur … sorge van die lewe nie …
  • Luk 21:35 “Want soos ‘n STRIK sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. “
  • Matt 24:12 “En omdat die ONGEREGTIGHEID VERMEEDER word, sal die liefde van die meeste VERKOEL.”
  • Luk 21:34 (83) “Wees op julle hoede dat julle gees nie … AFGESTOMP word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos ‘n VANGNET oorval nie.”
  • Open 3:2-3 “WEES WAKKER en versterk die wat oorbly … BEKEER JOU …”
  • Mark 13:35-37 “Waak dan, want JULLE WEET NIE wanneer die eienaar van die huis kom nie … dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP VIND NIE. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: WAAK!”
  1. Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard https://youtu.be/j-8Qf1bVYCc
  1. Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  1. Hoekom moet ons Waak en Bid?
  1. Hoe Waak en Bid ‘n mens?
  1. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

 Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 Werke en vrae:

 Dink aan die woorde: “Waak en Bid”.

1. Wat dink jy verhoed jou om te bid?

2. Maak ekstra tyd hierdie week vir gebed. Bid vir jouself en jou familie asook vir die Gemeente en die leierskap.