Vra en Bid

 9-15 Oktober 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

… Alles wat julle in die GEBED VRA, GLO dat julle dit sal ONTVANG, en julle SAL DIT VERKRY. 

  1. BEGEER

Die geloof dan is ‘n VASTE VERTROUE op die dinge wat ons HOOP (BEGEERTE), ‘n BEWYS van die dinge wat ons NIE SIEN NIE.

… God het gesê: BEGEER wat Ek jou moet gee. 

Want dié mens MOENIE DINK dat hy iets van die Here SAL ONTVANG NIE … ‘n DUBBELHARTIGE man, ONBESTENDIG in al sy WEë (BESLUITE). 

…want wat VAS BESLUIT IS, sal UITGEVOER WORD

… julle HET NIE … omdat julle nie BID (VRA) NIE

GELYKENIS vertel … dat ‘n mens GEDURIG moet BID (VRA) en NIE MOEDELOOS word nie.

DAAROM sê Ek vir julle: Alles wat julle in die GEBED VRA, GLO dat julle dit AL ONTVANG HET, en dit sal vir julle SO WEES

… laat julle BEGEERTES in alles deur GEBED en smeking MET DANKSEGGING bekend word by God. 

… elkeen wat vir hierdie berg… en nie … TWYFEL NIE, maar GLO… hy sal VERKRY net wat hy Sê. 

Sê vir hulle … soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen. 

Die geloof dan is ‘n VASTE VERTROUE … ’n BEWYS van die dinge wat ons NIE SIEN NIE. 

KYK nou op na die hemel … SO SAL jou nageslag wees. 

… die GELOOF, as dit GEEN WERKE het nie, in sigself DOOD.

En net toe die draers van die ark by die Jordaan kom … HULLE VOETE INSTEEK

Want GEEN DING sal by God ONMOONTLIK wees nie. 

  1. Kyk na die sewe stappe Hierbo. Gesels in julle groep hieroor.  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Vra en Bid”.

1. Wat dink jy verhoed jou om God te VRA wanneer jy Bid?

2. Maak ekstra tyd hierdie week vir gebed. Bid vir jouself en jou familie asook vir die Gemeente en die leierskap. Gebruik die sewe stappe hierbo.