2021 – Prepared to shine

Finansies – Week 1

Geld wat Stom is

Deel 1 van 4

“Go out in the world and work like money doesn’t matter. Sing as if no one is listening. Love as if you have never been hurt and dance as if no one is watching”    Victor Hugo

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 
  • Lees:   
  • Matt 6:19-21 “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” 
    • 1 Tim 6:17-19 Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.
  • Bespreking: Wat Sê Die Bybel Oor Geld?

Iemand het eenkeer gesê: “Ons koop dinge wat ons nie nodig het nie, met geld wat ons nie het nie om mense te beïndruk wat ons nie ken nie”. Die Bybel praat baie oor geld. 16 van die 38 gelykenisse gaan oor geld en besittings. Jesus het meer oor geld en besittings gepraat as oor die hemel en die hel saam. 1 uit elke 10 verse in die vier Evangelies handel oor geld en besittings. In die totale Bybel is daar meer as 2000 verwysings na geld en besittings, twee keer meer verwysings as verwysings na geloof en gebed saam. Dit is onsettend belangrik om te besef dat ons egter niks besit nie, ons bestuur net wat aan God behoort vir die tydjie wat ons hier op aarde is. Daarom is dit belangrik om te besef dat ons rykdom nie hier op die aarde is nie, maar in die hemel. Elkeen van ons het geld nodig om aan die lewe te bly. Geld is ook daar om mee te woeker, te vermeerder en te geniet, maar belangrikste is dat geld vir ons gegee word om die wat nie so bevoorreg soos ons is nie by te staan. Dink aan die weduwee wat haar laaste sente gegee. Die behoeftiges rondom haar was vir haar meer belangrik as haar eie lewe.

Die Bybel vra:

  1. Ons om wys te dink oor geld, dit vra dat ons nie net geld vir onsself sal gebruik is nie, maar ook die in nood rondom ons sal help en ook na hulle behoeftes sal omsien.
  2. Dat ons nie angstig en bekommerd sal leef nie, maar dat ons in geloof en vertroue sal leef met die verwagting dat hy in ons behoeftes sal voorsien.
  • Gesels:
  1. Waar kom geld vandaan?  
  2. Gesels oor die gesegde: “Geld wat stom is maak reg wat krom is”.
  3. Hoe voel God oor geld?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hierdie week: Dink aan jou eie finansies en vra jouself

  1. Hoeveel is genoeg vir my?
  2. Wat vra God van my wanneer dit kom by my finansies?
  3. Vertrou ek werklik op Hom?