Geld wat Stom is

Deel 3 van 4

“Go out in the world and work like money doesn’t matter. Sing as if no one is listening. Love as if you have never been hurt and dance as if no one is watching”    Victor Hugo

“Money can buy you a bed but not sleep; books but not brains; food but not appetite; finery but not beauty; a house but not a home; medicine but not health; luxuries bur not culture; amusements but not happiness, a crucifix but not a Saviour; a good life but not eternal life; a passport to everywhere but heaven” –Unknown

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Ons versadigingsdrumpel is so hoog vandag. Dit vra so baie om ons gelukkig en tevrede te hou. Niks maak ons meer gelukkig nie. Geluk hou ook net ‘n kort rukkie. Ons kyk na ons kinders en sien hoe vining hulle klaar speel met nuut gekoopte speelgoed. Ons speelgoed word al hoe meer, al hoe groter en al hoe duurder. Ons gaar op en koop gereeld nog, maar kry nie genoeg nie. Niks maak die mens so eensaam as wanneer sy eie belange sy enigste belange word. ‘n Tevrede mens is nooit arm nie en ‘n ontevrede mens nooit ryk nie. Spurgeon het gesê: “It’s not how much we have, but how much we enjoy that makes happiness.” Die Bybel vra ons om tevrede te wees met wat ons besit. Ons moet ons tevredenheid in Christus se algoenoegsaamheid vind. Geluk word nie gevind in besittings nie, maar in verhoudings. Goeie verhoudings bring geluk. ‘n 50 jaar studie van die universiteit van Columbia in die VSA het bepaal dat jy net so gelukkig is, as die diep en gelukkige verhoudings waarbinne jy jou bevind. Geld kan nie ware en gelukkige verhoudings koop nie.

  1. Wanneer is genoeg genoeg?
  2. Wat is die rol van geld in ons geluk?
  3. Watter rol speel geld in ware en gelukkige verhoudings?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hierdie week: Dink aan jou eie finansies en vra jouself

  1. In watter mate bepaal my finansies en besittings my selfwaarde?
  2. Waaraan kan ek my selfwaarde meet?
  3. Wat leer ek my kinders en die volgende geslag omtrent selfwaarde?