Geld wat Stom is

Deel 4 van 4

“Go out in the world and work like money doesn’t matter. Sing as if no one is listening. Love as if you have never been hurt and dance as if no one is watching”    Victor Hugo

“What I kept, I lost; what I spent, I had; what I gave, I have.” –Persiese Spreuk

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Geld en besittings en die hantering daarvan is hoog op God se prioriteite skaal en dit is naby aan Sy hart. Die Bybel praat twee keer meer oor geld en besittings as geloof en gebed saam. Geld en besittings word vir ons gegee om reg hanteer te word. Dit word vir ons geleen vir ons tydperk hier op aarde. Ons kan niks saam met ons neem wanneer ons sterf nie. Tog is dit belangrik dat ons nie ons familie en vriende agterlaat met skuld nie. Die Bybel is ook uitgeproke oor skuld en vra die mens om nie skuld aan te gaan nie. Volgens die Bybel is die enigste ding wat geskuld mag word liefde vir mekaar. Kom ons gesels bietjie oor spaar: Iemand het een keer gesê dat die beste manier om jou geld te verdubbel is om jou note dubbel te vou en in jou beursie te sit. As gevolg van skuld spaar mense nie. Tog spaar mense wat nie skuld het nie, ook nie. Hulle gebruik hulle hele inkomste om hulle leefstyl te finansier. Probeer om te minste 10% van jou inkomste te spaar. Gee 10% van jou inkomste weg en leef met die res. Wanneer jy wel skuld aangaan probeer om dit so gou moontlik af te betaal. Wees versigtig vir aankope wat jy nie regtig nodig het nie.

  1. Hoekom moet ons spaar?
  2. Hoekom moet ons van ons geld weggee?
  3. Hoe spaar jy?  

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hierdie week: Dink aan jou eie finansies en vra jouself

  1. Leef ek gebalanseerd met my finansies?
  2. Hoe bestuur ek met my geld en besittings?