Finishing Strong – John Jerome
“You can’t go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending.” ― C.S. Lewis.
“Finishing is better than starting. Patience is better than pride.” – Ecclesiastes 7:8 (NLT)
Welkom
Woord
Gebed: Open met gebed.
Lees:
Heb 12:2 … die oog gevestig op Jesus, die BEGINNER en VOLEINDER van die geloof …
Kyk: Kyk na die video deur John Jerome
Gesels: Gesels oor die drie eindresultate wanneer ons sterk eindig.
Wanneer jy sterk eindig word verstandelike taaiheid ontwikkel in jou lewe.
“Dink mooi oor al hierdie dinge na en moenie toelaat dat julle gedagtes deur allerhande ander dinge deurmekaargekrap word nie.
– 1 Pet 1:13 (Boodskap)
Wanneer jy sterk eindig inspireer jy jouself en ander mense om jou.
“Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!”- Deut 31:6 (Boodskap)
“Wees wakker in die lewe en moenie toelaat dat iemand julle geestelik van balans af gooi nie, want julle glo mos. Moenie soos bangbroeke wees nie, maar staan julle man.”- 1 Kor 16:13 (Boodskap)
Wanneer jy sterk eindig word jou Karakter ontbloot.
“Vir mense wat die Here baie liefhet, is die lewe makliker. Hulle wat Hom nie ken nie, word deur valshede verwoes.”- Spr 11:3 (Boodskap)
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church