Sundays from 8:30 · Boksburg and Benoni WnL Network Giving

1 Joh 2:15-17 (53)

Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie … die begeerlikheid van die VLEES (seks) en die begeerlikheid van die OË (geld) en die grootsheid van die lewe (mag) … is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die WIL van God doen, bly vir EWIG.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Wat is ‘n belangrike lewensles oor verhoudings of liefde wat jy by jou ouers of grootouers geleer het?

b) As jy eerlik moet wees, dink jy dit is makliker om in vandag se kultuur die “waarheid” te praat of “liefde” te betoon? Hoe vind mens die balans?

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

1 Korintiërs 6:18-20

Vlug vir die onsedelikheid… Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie…

Efesiërs 4:15

…Kinders van God word geroep om die waarheid in liefde te praat.

Genesis 2:24

Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Hierdie week benader ons komplekse en sensitiewe kwessies rondom seksualiteit, verhoudings en die huwelik vanuit ‘n Bybelse perspektief.

 

Die doel van hierdie les is om dit in ‘n gees van respek en welwillendheid te doen, terwyl ons streef om Goddelike liefde, nederigheid en respek vir alle mense te handhaaf. Dit gaan alles oor waarheid met genade: seksuele heiligheid, menswaardigheid, bekering, vergewing, onderlinge respek en Christus-gesentreerde herstel.

 

Wanneer ons kyk na God se instruksies, moet ons verstaan dat die “gees van die wet” (reëls, beperkings en gebooie) gebaseer is op liefde en op beskerming teen skade vir onsself en ander, asook ons verhouding met God. God wil byvoorbeeld die mooiheid van eenheid bewaar en jou beskerm teen onnodige seer en uitbuiting binne romantiese verhoudings.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

a) Die les noem uitdruklik dat ons geroep word om “die waarheid in liefde te praat” (Efesiërs 4:15) en om die finale oordeel aan God oor te laat. Hoe kan ons dit prakties doen wanneer ons met mense werk wat nie Bybelse standaarde aanvaar nie?

b) As dit kom by die vind van ‘n lewensmaat en romantiese verhoudings, beveel die les aan dat jy “volgens God se Woord” moet kies en moet kyk “na die vrugte (karakter, gewoontes, waardes) voordat jy verlief raak”. Hoekom is dit so belangrik om selfbeheersing toe te pas in die vordering van intimiteit, en om te kyk of die verhouding jou (jou God-verhouding, self, en ander) bou eerder as wat dit vernietig?

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  • Ondersoek jou eie hart: wys jy waarlik die liefde van God—wat totale selfloosheid is—aan die mense rondom jou?
  • Dink na oor jou eie verhoudings: bou dit op of breek dit af?
  • Bely voor die Here enige areas waar jy dalk met oordeel of bespotting opgetree het, of waar jy selfbeheersing in jou eie romantiese of persoonlike lewe ontbreek het.
  • Vra die Here om jou die vrugte van die Gees te gee sodat jy altyd mense met waardigheid kan hanteer, want hulle is na Sy beeld geskape. Dank Hom dat Sy reëls daar is om jou te beskerm teen skade.