Welkom
Verwelkom almal
Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

Jak 2:20 (53)
… jy weet, o nietige mens, dat die GELOOF sonder die WERKE  dood is? 

Jak 2:26
Want soos die LIGGAAM sonder GEES dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

2 Kor 8:7 (ABA)
Ons weet dat julle alles baie goed doen. Julle GLO baie sterk, julle kan goed PRAAT … Nou moet julle ook goed doen en … GEE …

Joh 3:16 (83)
… God het die wêreld so LIEFGEHAD dat Hy sy enigste … gegee het

Deut 8:18 (83)
Maar jy moet die Here jou God nie VERGEET nie, want dit is Hy wat jou die KRAG gee om … RYKDOM te verwerf. 

Mal 3:6,10 (83)
Ek is die Here, Ek verander nie. TOETS My hierin … Ek sal VOORSPOED op julle laat reën wat meer as genoeg vir julle sal wees!

Gen 22:1-2 (53)
… God (het) Abraham op die PROEF gestel en aan hom gesê … Neem jou seun, jou enigste, wat jy LIEFHET, Isak, en gaan … OFFER hom daar as brandoffer …

Gen 22:9
Toe hulle kom op die PLEK wat God hom AANGEWYS het, het Abraham daar die ALTAAR gebou en … het hy sy seun Isak … op die altaar…gesit.

Gen 22:12
… nou WEET Ek dat jy God VREES en … jou ENIGSTE, van My nie teruggehou het nie.

Gen 22:14
En Abraham het dié plek GENOEM: Die Here sal VOORSIEN! …

Gen 22:16-17
… Ek sweer by Myself, spreek die Here , omdat jy dit GEDOEN het en jou … enigste, nie TERUGGEHOU het nie, dat Ek jou ryklik sal SEËN en jou … grootliks sal VERMEERDER …

Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Renaldo Barnard

Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

Lees as groep: – Gen 22:1-17

Gesels hieroor:
Hoekom het God vir Abraham gevra om Isak te offer?
Hoe het God vir hom voorsien?

Wat dink julle moet julle groep uit/in/deur Geloof GEE?

Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Geloof Gee.

1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Geloof Gee”. Vra die Vader om jou te wys; a) Wat jy hierdie week moet GEE? en b) Hoe jy DIT moet GEE?
2. Gesels met die Here oor jou Geloof en dit wat Hy wil hê jy moet GEE?