Welkom
Verwelkom almal
Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
Gebed: Open met gebed.
Lees:
2 Kor 3:2
Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense.
Joh 1:14
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou …
Matt 23:27,28
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
Jak 2:20
Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
2 Kor 3:18
En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Jak 2:26
Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
1 Joh 5:7
Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.
1 Joh 5:8
… en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
Joh 3 Die verhaal van Nikodèmus
Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Morne Kruger
Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
Lees as groep: – 2 Kor 3:2
Gesels hieroor:
Hoe kan ons lewens ‘n brief vir ander mense wees?
Hoe lees ander mense jou lewe?
Hoe dink julle word julle Geloof geproklameer?
Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Geloof Proklameer.
1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Geloof Proklameer”. Vra die Vader om jou te wys; a) Wat jy hierdie week moet Proklameer? en b) Hoe jy jou Geloof aan die mense om jou moet Proklameer?
2. Gesels met die Here oor jou Geloof en Hoe Hy wil hê jy jou Geloof moet Proklameer?