Welkom
Verwelkom almal
Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

Jak 2:20 (53)
… jy weet, o nietige mens, dat die GELOOF sonder die WERKE dood is? 

Jak 2:26 (53)
Want soos die LIGGAAM sonder GEES dood is, so is ook die GELOOF sonder die WERKE dood.

Matt 15:8 (NLV)
Hierdie volk EER My met hulle MOND, maar hulle HART is ver van My af. 

Matt 15:14 (83)
… Laat staan hulle maar; hulle is BLINDE LEIERS van blindes. As ‘n blinde ‘n blinde lei, VAL altwee in die SLOOT.

Efe 1:18 (83)
Ek bid dat Hy julle GEESTESOË so VERHELDER dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter RYKDOM daar is in die heerlike ERFENIS wat Hy vir die gelowiges bestem het.

Joh 9:6-7 (83)
… Nadat Hy dit gesê het, SPOEG Hy op die grond en maak met die spoeg ‘n bietjie klei aan. Toe SMEER Hy die klei (modder) aan die man se oë en sê vir hom: “Gaan WAS jou …”

Joh 9:7 (83)
… Hy het gegaan en hom GEWAS, en toe hy terugkom, kon hy SIEN.

Mark 10:47 (53)
En toe hy HOOR … begin hy om uit te roep … Jesus, wees my BARMHARTIG!

Mark 10:48 (53)
En baie het hom BESTRAF, dat hy moet STILBLY; maar hy het al harder UITGEROEP …

Mark 10:49 (53)
… sê vir hom: Hou goeie MOED, staan op! Hy ROEP jou.

Mark 10:51 (53)
… Jesus … WAT wil jy hê moet Ek vir jou doen?… dat ek mag SIEN. 

Mark 10:52 (53)
… Gaan, jou GELOOF het jou GERED. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Renaldo Barnard

Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

Lees as groep: – Mark 10:47-52

Gesels hieroor:
Hoekom vra Jesus die blindeman wat hy wil hê?
Hoekom gebruik Jesus hierdie vreemde manier om genesing te bewerkstellig?

Dalk het jy al die spreekwoord: “Sien is Glo”gehoor. In die verhaal van Markus 10 sien ons dat hierdie blindeman se geloof in Jesus veroorsaak dat hy sien. Hoekom werk: Glo is Sien” in die Christelike Kerk?

Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Geloof Sien.

1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Geloof Sien”. Vra die Vader om jou te wys wat jy hierdie week moet Sien? (Met jou Fisiese asook Geestelike oë)
2. Gesels met die Here oor jou Geloof en Hoe Hy wil hê jy jou Geloof moet Sien?