Welkom
Verwelkom almal
Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: 

Jak 2:20 (53)
… jy weet, o nietige mens, dat die GELOOF sonder die WERKE (doen) DOOD is? 

Jak 2:26 (53)
Want soos die LIGGAAM sonder GEES dood is, so is ook die GELOOF sonder die WERKE dood.

1 Tim 3:9 (53)
Manne wat die VERBORGENHEID van die geloof in ‘n rein GEWETE hou.

Geloof is soos ELEKTRISITEIT

Mark 11:22 (83)
Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet GELOOF in God (KRAG) hê! 

Heb 11:6 (83)
As ‘n mens nie glo nie, is dit ONMOONTLIK om te DOEN wat God wil … 

2 Tim 3:5 (53)
Mense wat ‘n gedaante van GODSALIGHEID het, maar die krag daarvan VERLOËN het. 

1 Kor 2:5 (53)
Sodat julle GELOOF nie in WYSHEID van mense sou bestaan nie, maar in die KRAG van God.

Mark 5:31 (83)
… U sien tog dat die mense van alle kante af teen U DRUK, en dan vra U nog: Wie het aan MY GERAAK?

Mark 5:32 (83)
Hy het rondom Hom GEKYK om te sien wie dit GEDOEN het.
Mark 5:30 (83)
Jesus het ook self onmiddellik GEWEET dat daar van Hom KRAG uitgegaan het.

2 Kon 4:2 (NLV)
… wat het jy …? Hoegenaamd NIKS nie … behalwe ’n kan met olie (KRAG) …

2 Kon 4:5-6 (NLV)
Sy het GEDOEN soos hy gesê het … en sy het die een na die ander vol gemaak … ‘Spoedig was elke kruik PROPVOL! …

Kyk: Kyk na die Youtube video deur Pastoor Renaldo Barnard

Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

Lees as groep: – Jak 2:20

Gesels hieroor:
Hoe beïnvloed jou Werke jou Geloof en
Hoe beïnvloed jou Geloof jou Werke?

Wat dink julle moet julle groep uit/in/deur Geloof DOEN?

Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Geloof Doen.

1. Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Geloof Doen”. Vra die Vader om jou te wys; a) Wat jy hierdie week moet DOEN? en b) Hoe jy DIT moet DOEN?
2. Gesels met die Here oor jou Geloof en dit wat Hy wil hê jy moet doen?