Wanneer LEKKER BITTER word

Deel 1 van 4

“He who has a strong enough WHY can bear almost any HOW” –Friedrich Nietzhe

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Seks in die huwelik was oorspronklik God se idee. Die Vader het elkeen van ons as seksuele wesens geskape. Dit is hoekom ons ore spits en ons bloed vinniger deur ons are bruis wanneer ons die woord seks hoor. God se bedoeling met seks was nooit net vir voortplanting nie. Sy plan met seks is ‘n genotvolle, intense vorm van kommunikasie tussen twee mense wat mekaar lief het. God verwys na seks as ‘n “eenwording”. Hierdie eenwording gaan gepaart met besondere verantwoordlikhede en daarom is die huwelik ingestel waarbinne die seksuele uitdrukking van liefde tot sy volste reg kan kom. Die huwelik met sy “grenslyne” is daar gestel nie om pret te bederf nie, maar om ons teen onsself te beskerm. Wanneer hierdie “grenslyne” oorskry of geignoreer word bring dit baie pyn en hartseer na vore. Vergifnis vanaf God en ander mense betrokke is nodig om die huwelik te herstel. Seks is gemaak om veilig in die huwelik plaas te vind.

  1. Indien Seks oorspronklik God se idee was, hoekom praat die kerk nie hieroor nie?  
  2. Hoekom dink jy word die grenslyne al hoe meer oorgesteek in ons hededaagse lewe?
  3. Wat gebeur met jou wanneer jy hierdie grenslyne ignoreer?
  4. Hoe sal die pad na vergifnis lyk nadat ‘n grenslyn oorgesteek is?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hierdie week: Dink aan die woord; “Eenwording”

  1. Gesels met jou man/vrou oor hierdie unieke woord en gesels oor unieke maniere hoe julle “een” word.
  2. Bevestig weer aan mekaar julle liefde vir mekaar en julle band van huwelikstrou.
  3. Maak tyd vir mekaar hierdie week.